Welkom by Kleuterzone JeffreysBaai

Marlene Bezuidenhout

Hoof

Brief uit Die Hoof se pen:

Ek is Marlene Bezuidenhout, trotse hoof van Kleuterzone Jeffreysbaai.

Ons skool is geleë in die pragtige omgewing van Beefwoodsingel 106, Wavecrest, Jeffreysbaai. Dit is vir my en my span ‘n ongelooflike voorreg om deel te wees van ons kleuters se lewens – hier waar hul drome begin en waar ons saam met hulle groei.

Ons is ‘n Christenskool wat fokus op die bou van ‘n fondasie van liefde en omgee, met Jesus se koninkryk as ons riglyn. By Kleuterzone is dit vir ons belangrik om elke kind met deernis en sorg te omvou, sodat hulle in ‘n veilige en ondersteunende omgewing kan floreer.

Ons volg die ALDAS-leerplan en bied onderrig in beide Afrikaans en Engels, sodat elke kind optimaal kan leer en ontwikkel. Verder voorsien ons ‘n gebalanseerde spyskaart wat ontbyt, middagete en twee gesonde “happies” insluit – om seker te maak dat elke kleuter vol energie en gesond is vir ‘n dag vol leer en pret.

Ons bied ook ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite aan, insluitend:

  • Future Kings Rugby
  • Ritmiese Gimnastiek vir dogtertjies
  • Tuimel Gimnastiek vir die seuntjies
  • Monkeynastix

Jeffreysbaai, ons pragtige kusdorp in die Oos-Kaap, is bekend vir sy pragtige strande, kleurvolle skulpies en natuurlik die wêreldbekende branderplankry-kompetisie. Ons is trots om deel te wees van hierdie gemeenskap en om by te dra tot die ontwikkeling van die volgende generasie.

Kom sluit aan by ons Kleuterzone-familie, waar drome begin en kinders met liefde en sorg grootword!

Getuigskrifte

Ek wil net sê ek is so dankbaar dat ons n goeie besluit gemaak het om Leo in Kleuterzone te sit. Leo het voor ons hom ingesit het,verskriklik gesukkel met eet en sy spraak. Hy was ook baie menssku en verskriklik mamma en pappa vas. Hy wou ook nie met maatjies speel nie dan het hy begin huil en was bang. Vandat ons Leo ingesit het by Kleuterzone,het sy spraak heeltemaal verbeter en hy praat nou baie vlot en is baie goed in beide Engels en Afrikaans. Sy eet het ook soveel verbeter. Hy kan nou nie ophou praat oor al sy maatjies by die skool nie en hoe lief hy vir elkeen is nie. Ons is so dankbaar vir al die personeel wat so hard werk en so mooi na die kleintjies kyk. Hul gee nie net om vir elke kind nie,maar hul maak tyd om met elke kind individueel te werk en om hul te help waarmee hul sukkel. Ek sal enige ouer aanraai om hul klein lyfie by Kleuterzone in te sit. 
KleuterZone Jeffrey's Baai Ouer
Ouer
Our daughter, Maliyah, started at Kleuterzone Jeffrey's Bay on 01 July 2021 at the age of almost 4 months. We, as parents couldn't be more happier. Excellent school, with excellent staff. She's is 19 months old and is very happy at the school. The staff is passionate about teaching and caring for the child. They are so great about sharing moments of pride they see within your child. They are very respectful, competent, and approachable. Kleuterzone is indeed a place where dreams begin.
Danielle and Marc April
Ouer
Geagte Skoolhoof, Hiermee wil ek graag my waardering teenoor u en die personeel uitspreek vir dit wat u hulle alles vir ons kinders doen! Dis 'n groot voorreg om te kan sê my kinders gaan skool by KleuterZone, want dis letterlik waar drome begin! Marco "beklee" elke dag n nuwe pos. Wanneer 'n kinder hart gelukkig is, is 'n moeder hart gelukkig! Wat 'n plesier is dit om soggens die twee manne af te laai met so groot glimlag op hulle gesig!  Baie dankie vir die tyd, liefde, omgee en geduld wat daarin gesit word om ons kinders op te voed, 'n taak wat nie altyd maklik is of nie altyd waardeer word maar tog word dit met soveel deernis deur elke personeellid gedoen! Hoe spesiaal is dit dat ons seuns by 'n skool kan wees waar hulle nog meer van Jesus kan leer en geestelik groei! KleuterZone is FINOMINAAL! Die hartklop van 'n moederhart waar haar kinders super gelukkig is!
Cornelia van Eeden
Ouer
As ouers wil jy net die BESTE vir jou kind of kinders he, en een van die moeilikste besluite om te neem is om die regte skool te kies wanneer mamma en pappa moet terug gaan werk toe. Ons het lank gesoek en na elke gesprek het Kleuterzone weer bo op die lys gestaan. Met ons besoek aan Kleuterzone Jeffreysbaai en tannie Marlene se warm welkom het ons net geweet dit is die regte plek Vir ons enigste seuntjie en as ouers is ons hart gerus. As kind het ek elke oggend gehuil as my ma my by die Skool afgelaai het en ek het gevrees my seuntjie sal dieself voel maar jy sien net tandjies as hy sy juffrou in die oggend sien wanneer ek hom aflaai. Die onderwysers is profesioneel, vriendelik en het n passie vir kinders. Tannie Marlene is op die “ball” met enige vrae of bekommernise wat ons het. Kleuterzone is so ver my kennis strek die enigste skooltjie in Jeffreysbaai wat babatjies van 3 maande af vat. En in vandag se tyd waar mamma en pappa werk is dit nogal n beproewing om n skooltjie te kry wat aan al jou vereistes voel doen. Ek beveel Kleuterzone aan vir enige ouer. Wat ook vir my wonderlik is, is dat die meerderheid onderwysers self mammas is by die Skool.
Martin en Janine van Mollendorf
Ouer
Micah het by KleuterZone Jeffrey's Baai begin in 2020 en van daai tyd tot nou kan ons nie eendag sê dat sy dit nie geniet of dat sy ongelukkig is nie.... Sy geniet haar maatjies en juffrou en wil glad nie 'n dag uitmis by die skool.... Ons moet elke naweek sê hoekom kan sy nie skool toe gaan nie want sy sê sy mis haar maatjies en juffrou Anita. Sy sal elke dag kom sê wat hul gedoen het en ons as ouers kan eerlikwaar sê ons kind straal.... Haar manier van praat en optrede is ook baie goed so opleiding wat sy kry kom deur in haar persoonlikheid.... Ons is nie een dag spyt dat ons KleuterZone gekies het as 'n skool vir Micah nie.... Almal wat daar werk is liefdevol en vriendelik vanaf die skoolhoof en elke juffrou.... Baie dankie vir julle liefde en omgee vir elke kind.
Marilyn & Mark Jacobs
Ouer
Toe ons in 2019 in Jeffreybaai aanland was ons eerste gedagte, wat maak ons met ons kinders? Een van die beste besluite was om ons twee spruite by Kleuterzone Jeffreysbaai in te skryf. Na 4 jaar kan ons met eerlikheid sê dat ons nog nooit spyt was oor ons besluit nie. Die skool beskik oor die ongelooflikste omgee onderwysers. Niks was ooit vir hulle 'n probleem nie. Daar is ge-potty train, gespeel, gesing, gedans, geleer, geslaap en baie gesonde kos geeet. Die bonus by alles was dat ons kinders Christelike onderrig ontvang het en elke kind is as individu ontwikkel wat betref hul karakter en persoonlikheid en dit alles met liefde en geduld. Mia en Kara het 'n liefde vir skool gekweek en kon hulle nie wag vir die volgende dag se lekkerte nie, daar word omtrent nie eers gegroet as hulle uit die kar spring om skool toe te gaan nie. Baie dankie vir 4 jaar se liefde en geduld! Ons waardeer julle ongelooflik. 'n Beter getuigskrif as Kara se woorde "Alles is net lekker!" sal jy nie sommer kry nie. Sy is sooo lief vir elke onderwyser en maatjie van 3 maande tot 5 jaar want Kleuterzone Jeffreysbaai is net een groot familie en as bonus maak tannie Buis nog die lekkerste kos ook!
Ronalda en De Klerk Kemp
Ouer